Bepalings en Voorwaardes
FinFix Shared Services (Edms) Bpk, wat handel dryf as CheckHie, sal geen inligting met ongemagtigde derde partye deel nie.
Ons bevestig dat die volgende derde partye gemagtig is om gebruik te maak van verbruikers se persoonlike inligting: FinFix Shared Services (Edms) Bpk en hul filiale, soos AfriSkuld.
CheckHie sal die inligting wat deur verbruikers verskaf word, slegs vir die beoogde doeleindes gebruik.
Verbruikers gee CheckHie toestemming tydens die identiteitverifikasie-proses, om die verbruiker se volledige kredietverslag by XDS te bekom.
Verbruikers magtig CheckHie om hul persoonlike inligting so lank as nodig in hul stelsel te stoor, vir ‘n tydperk van maksimum 12 (twaalf) maande vandat die verbruiker ‘n kredietverslag aangevra het op CheckHie se webtuiste.
Wanneer jy jou kontakbesonderhede aan CheckHie verskaf, stem jy in om inligting te ontvang in die vorm van e-posse, telefoonoproepe of teksboodskappe, vanaf gemagtigde derde partye. Die aard van hierdie kommunikasie sal verband hou met die finansiële bedryf.
Ons verbind ons tot die eksklusiewe gebruik van jou persoonlike inligting vir die vermelde doeleindes en sal dit verwerk in ooreenstemming met ons Privaatheidsbeleid.
Hierdie beleid beskryf ons praktyke vir die hantering, berging en beskerming van jou data en/of persoonlike inligting. Dit staaf ook jou regte en hoe dit uitgeoefen kan word. Jy het die reg om jou toestemming terug te trek en verdere kommunikasie te weier op enige stadium, deur ‘n e-pos te stuur na info@checkhie.co.za.
Deur in te stem tot hierdie bepalings, bevestig jy dat jy ten minste 18 (agtien) jaar oud is en dat jy hierdie voorwaardes volledig verstaan en aanvaar het.
