Jou kredietverslag is die sleutel tot finansiële welstand omrede dit jou in staat stel om vir laer rentekoerse, hoër kredietlimiete en beter versekeringspremies in aanmerking te kom. Ongelukkig is baie mense nie ingelig oor hoe ‘n kredietverslag werk nie en is daar baie algemene mites en wanopvattings waarmee verbruikers gekonfronteer word. CheckHie werp lig op die waarheid om met elke wolhaarstorie af te reken.
- Mite 1: Om jou kredietverslag gereeld aan te vra het ‘n negatiewe impak op jou krediet-telling
Baie mense verkeer onder hierdie wanpersepsie. Die teendeel hiervan is dat net kredietverslag aanvrae van kredietverskaffers ‘n negatiewe impak kan hê wanneer jy by hulle vir nuwe of adisionele krediet aansoek doen.
- Mite 2: Jou kredietverslag is net belangrik as jy ‘n lening soek
Alhoewel dit waar is dat jou kredietverslag ‘n deurslaggewende rol speel in jou aansoek om ‘n lening te bekom, is dit van baie meer waarde. Verhuurders, werkgewers en versekeringsmaatskappye mag jou kredietverslag trek om jou finansiële gedrag na te speur.
- Mite 3: Om ou rekeninge te sluit verbeter jou kredietwaardigheid
Die teendeel van hierdie mite is eintlik waar – deur ou rekeninge toe te maak kan eintlik jou kredietwaardigheid verswak. Let wel dat hierdie rekeninge net oopgehou moet word indien dit nie ekstra kostes beloop nie.
- Mite 4: Alle skuld het ‘n negatiewe effek op jou kredietrekord
Om ‘n goeie verhouding tussen jou inkomste en totale skuld te handhaaf is belangriker as om nie skuld aan te gaan nie. Deur getroue afbetalings te maak en om minder skuld aan te gaan as waarvoor jy kwalifiseer dui daarop dat jy skuld verantwoordelik bestuur.
- Mite 5: Jy kan nie van ‘n slegte krediet-telling ontslae raak nie
Dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat jou krediet-telling oor tyd kan verbeter mits jy konstant tydige afbetalings maak en jou rekeninge meer verantwoordelik bestuur.
Dit is belangrik om te onthou dat goeie, eerlike mense ook lae kredietwaardigheid kan hê. Dit reflekteer geensins jou karakter nie en kan met tyd verbeter. Beter finansiële welstand begin deur jou finansiële geletterdheid te verbeter en dit sluit in om nie jouself deur gereelde mites te laat flous nie.
Bronne geraadpleeg:
Axis Bank. (2024). Debunking Myths about Credit Scores. https://www.axisbank.com/progress-with-us-articles/debunking-5-common-myths-about-credit-scores
Emerald Credit Union. (2023). Debunking Credit Score Myths. https://www.emeraldgcu.com/docs/default-source/blog-entries/05-2023-debunking-credit-score-myths.pdf?sfvrsn=c2644233_1
